Handgemaak

Eksklusief

Kwaliteit

Besoek ons aanlyn winkel

Die trotse tuiste van jou persoonlike en “customized” dekor en meubels!

IMG_20190814_132719
IMG_20200411_153259
sdr
IMG-20181028-WA0017

Hoe plaas ek 'n bestelling?

Volg die volgende stappe om ‘n bestelling te plaas of ‘n prys aan te vra:
1. Stuur ‘n foto of beskrywing van die produk waarin jy belangstel via
     -Facebook
     -Whatsapp
     -Epos
2. Spesifiseer in dieselfde boodskap in watter kleur jy die produk sal wil hê en of jy iets aan die produk verander wil hê.

Hoe werk die proses?

Die proses is baie eenvoudig. Sodra jy jou bestelling geplaas het en die betaling gemaak het, sit ons dit deur na die fabriek.

Neem asb kennis, jou bestelling sal eers deurgegee word na die fabriek as die betaling of bewys van betaling ontvang is.

Ons probeer regtig produkte binne 3-4 weke uit te stuur, maar die wagtydperk word soms beïnvloed afhangende van hoe besig ons is.

Ons kan koerier reël, maar dit is vir die kliënt se rekening.

Meer van ons produkte

Kry jou kwotasie hier!


Gelukkige Kliënte

"Ek het my eier kassie gekry en is mal daaroor. Baie dankie. Nou moet die henne net lê."
"My angles arrived today. Love them! ♥️♥️"
"Ek is mal oor my plante bakke en hout kuste. Dit is goeie kwaliteit en baie professioneel gedoen. Dankie Gannabossie!

Ons Belofte

Om so gou as moontlik aan elke produk te werk, maar tog die beste kwaliteit werk te lewer.

Ons Visie

Om elke kliënt se produk te maak met liefde en kwaliteit en om elke kliënt te laat snak na haar asem as sy haar produk ontvang.

Gannabossie en Nadia Viljoen

Ek is die trotse eienaar van Gannabossie dekor en ‘n ma van n pragtige dogtertjie. Ek bly heerlik in die Karoo saam met my wonderlike man. Ons bly buite Calvinia op ‘n plaas waar ons boer met skape en uie saad.

Die Karoo is ‘n harde plek om te woon en as ‘n vrou nie op haar voete dink nie, is ‘n inkomste nie sommer vir haar beskore nie. Ek het op my voete gedink en dit is hoe Gannabossie ontstaan het.

Kontak ons!


Hou ons Facebook blad dop vir ons nuuste produkte!